Britte en EU in erge stryd gewikkel

Die samesprekings tussen die Verenigde Koninkryk (VK) en die Europese Unie (EU) het selfs na ʼn tweede rondte samesprekings klaaglik misluk.

Die EU het gesê die Britte se plan om nuwe wetgewing in te stel, is ʼn verbreking van die ooreenkoms wat tussen die twee partye gesluit is, en derhalwe oortreding van die internasionale reg.

Brittanje se Eerste Minister, Boris Johnson, beskuldig die EU daarvan dat hulle die VK afdreig met voedsel aflewerings tussen Noord Ierland en Brittanje.

In die media het berigte verskyn waarin die Britse premier eis dat ʼn nuwe handelsooreenkoms ingestel word om die Verenigde Koninkryk te beskerm teen ʼn moontlike ramp.

Johnson sê die EU dreig met ʼn handel-grens tussen Noord-Ierland en Brittanje, reg langs die Ierse See, asook ʼn voedsel blokkade tussen die twee lande.

Die moontlike optrede van die EU kan lei tot ernstige gevolge vir Brittanje wat nou nie meer lid van die EU is nie, maar nogtans poog om ʼn ooreenkoms te bereik.