Brexit onderhandelings stol

Die Verenigde Koninkryk (VK) se Eerste Minister, Boris Johnson, het gesê die regering  is ingestel daarop om die sleutel deel van die onttrekking uit die Europese Unie (EU) te finaliseer teen Oktober.

Alhoewel die onderhandelings tussen die Britte en die Europese Unie  tot stilstand gekom het, glo leiers aan beide kante dat n ooreenkoms bereik kan word, maar premier Johnson het dit suidelik gemaak dat n ooreenkoms nie sy plan om op ʼn gestelde datum die skeiding te finaliseer nie, al sou geen ooreenkoms bereik word nie.

Ingewikkelde regsterme is gebruik om aan te dui hoe die skeiding kan plaasvind sonder n finale ooreenkoms vir die pad vorentoe.

Die EU het by monde van sy woordvoerder gesê hy glo ʼn skikkings ooreenkoms kan bereik word.

Verskille tussen die twee partye word oorheers deur die dilemma met die status van Noord-Ierland wat nou saam met Brittanje uit die EU is, maar nie ʼn duidelike grens het met die Republiek van Ierland nie,

Die Minister van Buitelandse Sake in Ierland sê die plan soos gerapporteer is, sou ʼn onverstandige plan gewees het as dit in werking gestel sou word.