Brasilië kry spoedig virus entstof

Die waarnemende Minister van Gesondheid in Brasilië, Eduardo Pazuello, het in ʼn verklaring gesê entstof teen die Covid-19 koronavirus sal vroeg in Januarie vir alle inwoners beskikbaar wees.

Die Minister sê hulle is besig om kontrakte te sluit met entstof vervaardigers en die vooruitsig is dat dit in Januarie in die land afgelewer sal word.

Die minister het nie besonderhede bekend gemaak oor watter vervaardiger se entstof ter sprake is nie, maar die vermoede bestaan dat meer as een vervaardiger betrek is.

Brasilië is die land met die derde meeste infeksies, en die meer as 4 miljoen gevalle asook die enorme sterftes van meer as 127,000 word net deur Indië oortref wat in die tweede plek is, en die VSA met die meeste gevalle.

Weens die hoë aantal infeksies, het entstof vervaardigers die land saam met ander geïdentifiseer om hulle finale toetse uit te voer.