Brandstof goedkoper in Oktober

Die brandstof prys sal aansienlik goedkoper wees in Oktober, en volgens die AA is daar nou geen rede waarom dit nie sal gebeur nie.

Al verswak die Rand verder, is die daling ʼn gegewe, en kan verwag word dat 93 petrol met soveel as 24 sent kan daal.

Loodvrye 95 petrol sal met sowat 33 sent verlaag word en diesel kan tot 93 sent per liter daal.

Gewone huishoudelike paraffien kan met 78 sent per liter daal.

Die daling in die vraag na ru-olie is grootliks verantwoordelik vir die vermindering in die pryse, maar die amptelike aankondiging oor wat die vermindering sal wees, word later verwag.