Bolivia se sleutel ministers bedank

Die skielike bedanking van die Suid-Amerikaanse staat Bolivia se sleutel ministers het diepgaande verdeeldheid blootgelê in die regering van die tydelike staatshoof, president  Jeanine Anez en sy administrasie.

Die bedanking van drie ministers is die jongste krisis waarin die land hom bevind terwyl daar binne weke ʼn presidentsverkiesing gehou word.

Op 18 Oktober gaan die kiesers na die stembus om ʼn permanente regering aan te wys, maar waarnemers reken die krisis kan vererger as die wenner nie ʼn redelike meerderheid van stemme kry nie.

Die Minister van Ekonomiese Sake, Oscar Ortiz, het gesê hy het bedank omdat dit op die punt was dat hy deur die huidige staatshoof afgedank sou word.

Kort daarna het die Minister van Arbeid sy bedanking ingedien saam met die Minister van Produktiwiteit Ontwikkeling, maar die twee het geen rede aangevoer vir hulle uittrede nie.