Boere wantrou Bheki Cele

ʼn Maand nadat ʼn egpaar deur swart terroriste vermoor is in die Newcastle distrik, het die Minister van Polisie die boere van die gebied toegespreek.

Aanvanklik het hy gehoor wat die boere vir hom sê oor plaasaanvalle, plaasmoorde en vee diefstal wat maar net nie hokgeslaan word nie.

Daarna het die minister aan die woord gekom en baie gesê maar weinig wat die boere nie reeds weet nie.

Hy onderneem toe om met antwoorde terug te kom na die boere, maar verskeie het na afloop van die vergadering gereken dis die laaste sien van die Minister wat sy hoed ewe plegtig afgehaal het toe hy onderneem het om met antwoorde terug te keer.

Cele het egter die boere se klein bietjie vertroue in hom geheel en al geskaad toe hy blykbaar gesê het die boere moet net nie tjank as hulle seerkry nie.

Later het boere gesê dit is voldoende rede vir Ramaphosa om die minister die trekpas te gee.