Binnelandse Sake laat die Rande rol

Volgens n verslag wat vrygestel is, het individue soos gereflekteer in die Departement se databank, voordele ontvang ten bedrae van R441,144/

Die verslag dui ook aan dat betalings gemaak is aan onregmatige ontvangers waarvan talle mense reeds oorlede is, en behoort ondersoek te word.

Mense wat as tydelik in diens werkers geregistreer is, het volgens die verslag tot einde Julie vanjaar R37.7 miljard ontvang, en volgens die Werkloosheid Versekering Fonds (WVF) is “die verkeerde aantal dae” getel en betalings daarvolgens aan 723 aansoekers betaal wat n bedrag van net meer as R10 miljoen beloop.

Die WVF het ook meer as R140 miljoen aan 35,043 aansoekers betaal wat reeds voordele uit ander departemente ontvang het terwyl dit nie toelaatbaar is nie.

Betalings is ook aan meer as 4,000 eisers gemaak waarvan die ID ongeldig is, en beloop ʼn bedrag van meer as R30 miljoen.