Belarus president beloof verkiesing

President Alexander Lukashenko van Belarus, wat tot onlangs beskuldig is daarvan dat hy ʼn diktator is wat verkiesings laat manipuleer, het Dinsdag aangekondig dat ʼn nuwe verkiesing gehou gaan word.

Hy het die aankondiging gedoen in ʼn onderhoud met die Russiese media terwyl die grootste opposisieparty se leier ʼn beroep doen op die internasionale gemeenskap om sanksies teen die president en belarus moet instel.

Die president het in die onderhoud erken dat hy “moontlik” die situasie en erns daarvan onderskat en te lank laat sloer het.

Hy voeg egter by dat hy die enigste persoon is wat belarus in hierdie stadium kan beskerm, maar dit bots met die siening van Europese leiers.

Die 66-jarige president het in 1994 aan bewind gekom, en wys daarop dat ʼn nuwe verkiesing slegs gehou kan word nadat die grondwetlike veranderings en hervormings deurgevoer is.