Belarus polisie arresteer talle vroue

Die polisie in Belarus het honderde vroue wat aan ʼn protesoptog deelgeneem het, gearresteer ongeag die feit dat hulle vreedsaam protesteer het teen die inhuldiging van die diktator as president.

Duisende vroue het in die hoofstad Minsk met ʼn massa optog hulle ontevredenheid getoon met die inhuldiging van die land se president, Alexander Lukashenko.

Die omstrede president, wat beweer da thy in die verkiesing 80% van die stemme op hom verenig het, word nie deur die Europese Unie en ander Westerse lande erken as regeerder van Belarus nie.

Die ontevredenheid onder die burgery het hoog opgevlam nadat verneem is dat die president in ʼn geheime seremonie ingehuldig is as president, wat nou vir sy sesde termyn sal regeer.

Die polisie het nie gehuiwer om verskeie joernaliste te arresteer wat gebeure by die optog op video vasgelê het nie.