Belarus opposisie gearresteer en intimideer

Opposisie leiers van Belarus het aan verskeie koerante in Europa bevestig dat die intimidasie en onregmatige optrede teen hulle, veroorsaak dat hulle onveilig voel.

Maxim Znak, een van die prominente lede van die opposisie  is enkele dae tevore deur gemaskerde mans uit sy kantoor verwyder en klaarblyklik na ʼn onbekende bestemming ontvoer.

Maria Kolesnikova, ʼn protesterende politieke leier is ook enkele dae tevore gearresteer en geïntimideer onder die vaandel dat sy oproepe doen om die regering omver te werp.

Beide die leiers is tans in polisie aanhouding weens beweerde pogings om die land te destabiliseer en daarmee die land se nasionale veiligheid in gevaar bring.

ʼn Sogenaamde ondersoek komitee van die regering beweer dat die optrede teen die politieke leiers noodsaaklik is om die “nasionale veiligheid ondersoek” deur te voer.