Belarus leier gewelddadig ontvoer

Maxim Znak

Maxim Znak, ʼn prominente leier van ʼn opposisieparty in Belarus is gister deur gemaskerde mans ontvoer na ʼn onbekende bestemming.

Dit volg kort op die deporteer van Maria Kolesnikova, ook ʼn politieke leier van ʼn opposisieparty wat gesien word as die moontlike nuwe regeerder van Belarus.

Maxim Znak, ʼn regsgeleerde van beroep is in sy kantoor oorrompel deur die gemaskerdes wat gewone klere aangehad het en hom doelbewus ontvoer het na ʼn onbekende bestemming.

Znak is ook ʼn verkose lid van die Koördinerings Raad en ʼn bekende kritikus van president Alexander Lukashenko.

Die polisie het aanvanklik gesê hulle is onbewus van die ontvoering, maar later is die indruk gelaat dat hulle wel bewus is van die geheimsinnige voorval.

Viktor Barbariko is die president se amptelike opponent, en hy maak gebruik van Znak as regsverteenwoordiger, wat die indruk laat dat die regerende party besig is met grootskaalse intimidasie.