ANC steeds besig met korrupsie ondersoek

Khusela Diko,

Die sogenaamde Integriteit Komitee van die ANC is klaarblyklik nog besig met die afhandeling van hulle ondersoek en bevindinge rakende die korrupsie skandaal waarby miljoene Rand betrokke is.

Volgens ingeligte bronne is die Komitee van Gauteng besig met die finalisering van ʼn verslag wat betrekking het op die beskuldigings van korrupsie en nepotisme waarby prominente ANC lede betrokke kan wees.

Die Party het bevestig dat die provinsie se Integriteit Komitee in gesprek was met die president se woordvoerder, Khusela Diko, asook met Bandile Masuku en sy vrou Loyiso.

Al drie persone word verdink en beskuldig daarvan dat hulle betrokke is by die skandaal wat oopgevlek is met die hantering van beskerming toerusting teen die koronavirus waarby etlike miljoene Rand betrokke is.

Kontrakte ter waarde van R125 miljoen is in gedrang maar of die Komitee oor die tande beskik om n sterk aanbeveling te maak, word egter bevraagteken.

Alhoewel Diko en Masuku op spesiale verlof geplaas is, word die aangeleentheid uitgerek en kan uiteindelik ʼn afgewaterde verslag na vore kom, is die mening van politieke ontleders.