ANC sal Zim reiskoste betaal

Die ANC het sy Sekretaris-Generaal se onverantwoordelike optrede erken en ooreengekom om die regering terug te betaal met die reiskoste wat aangegaan is toe die afvaardiging onregmatig van die Lugmag se vliegtuig gebruik gemaak het om na Zimbabwe te reis.

Die ANC afvaardiging onder die leiding van sy Sekretaris-Generaal, Ace Magashule, was arrogant genoeg om daarmee die president, Cyril Ramaphosa, uit te daag tot optrede, wat nou bo verwagting, wel gebeur het.

Die ANC afvaardiging het Zimbabwe besoek om die regerende Zanu-PF se leiers te ontmoet om die knellende probleme in die land op te los met advies uit SA.

By die terugkeer in Suid-Afrika het Magashule eers ontken dat hy die Lugmag vliegtuig onregmatig gebruik het, maar het later bes gegee, en die vermoede bestaan dat hy daarmee sy tweede nederlaag teen Ramaphosa op die lyf geloop het.

Waarnemers reken die optrede van Magashule is nog ʼn vorm van korrupsie en sy onverantwoordelike optrede moes sy ontslag teweeggebring het.