ANC grootkoppe kan lelik struikel

Khusela Diko

Die LUR vir Gesondheid in Gauteng, Bandile Masuku, en sy vrou, sowel as die presidensie se woordvoerder, Khusela Diko, sal nog moet wag voor hulle lewens na normaal kan terugkeer.

Berig is ontvang dat die drie se toekoms duister is en dat hulle “verpligte verlof” verder verleng is, hangende die uitkoms van die ondersoek.

Die drie moet blykbaar nog etlike weke by die huis bly en mag nie kontak maak met kollegas nie, en mag ook nie die werkterrein betree nie.

Die ANC in die provinsie het besluit om die drie se verpligte verlof verleng moet word ten einde meer tyd beskikbaar te kry vir die afhandeling van die ondersoek.

Die betrokke beamptes word verdink van betrokkenheid by die multi-miljoen Rand bedrog met Covid beskermings toerusting wat per tender gelewer is aan departemente.