Alle oë gerig op vrede samesprekings

Die vrede onderhandelings in die hoofstad Doha, Qatar, het die naweek begin tussen die regering van Afghanistan en die Taliban .

Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo, het sy tevredenheid uitgespreek oor die vordering wat kan lei tot die beëindiging van ʼn jarelange stryd in Afghanistan.

Die VSA het ʼn beduidende rol vervul om die samesprekings moontlik te maak, en het selfs begin deur sy eie troepe te onttrek uit die land om die gewenste klimaat te help skep vir onderhandeling.

Minister Pompeo sê die proses om die twee partye bymekaar te bring het aansienlik langer geneem as wat aanvanklik beoog, en wat reeds in Februarie vanjaar begin is.  

Pompeo het die afgelope naweek in Doha aangekom te midde van die verrigtinge wat in die VSA afgespeel het met die herdenking van 11 September se ramp by die Wêreld Handelsentrum.