Ace lei afvaardiging na Zimbabwe

Die omstrede uittog van ʼn ANC afvaardiging na Zimbabwe, en dit onder leiding van die ANC se Sekretaris-Generaal, Ace Magashule, het hulleself so belangrik geag dat hulle selfs met die SA Weermag se Falcon 900 vliegtuig gereis het.

Die afvaardiging wat glo advies en bystand aan die regerende Zanu-PF moes gee, het nie n woord met die opposisiepartye gespreek nie.

Die verloop en inhoudelike van die drie dae van samesprekings is duister, en die president, Cyril Ramaphosa het die afvaardiging se belangrikste gesant, Die Minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, 38 uur tyd gegee om volledige verslag te doen oor die besoek.

Waarnemers reken die berg het ʼn muis gebaar, en die samesprekings is maar van weinige belang vir beide partye.