Wisconsin en Portland in gewelddadigheid gewikkel

Die geweld in Kenosha, Wisconsin het sodanig geword dat die plaaslike owerheid nie die beheer kan volhou nie, en die Demokrate wat in beheer is, se radeloosheid is aan die toeneem.

President Donald Trump het geskakel met die goewerneur en aangebied om Federale magte te ontplooi om die geweld stopgesit te kry.

Die land is verbaas oor die goewerneur se instemming en het die hulp verwelkom, terwyl die Demokrate in Portland dieselfde probleem het en nie vir federale hulp vra nie.

Die geweld in Portland, waar motors en geboue aan die brand gesteek word deur die betogers, het skerp reaksie ontlok van verskeie inwoners en politici wat reken die vandale behoort swaar gestraf te word.

President Trump het die goewerneur van Wisconsin belowe dat federale wetstoepassers en lede van die Nasionale Wag baie gou daar sal opdaag/