WGO: Die pas van korona virus neem af

Die Covid-19 pandemie is steeds aan die uitbrei na ander gebiede, maar die pas van die verspreiding het afgeneem/

Dit is die mening van die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) wat na vore kom in sy jongste verslag oor die wêreld toestande.

Daar is egter n styging in sterftes maar wêreldwyd het die verminder, behalwe in sekere dele soos in Asië en die Mediterreense gebied waar die tendens steeds ʼn styging in voorvalle toon.

Die verslag wys daarop dat die VSA steeds die grootste aantal mense met infeksie het, en het ook 62% van die wêreld se sterftes.

Wêreldwyd is daar nou byna 24 miljoen mense wat infeksie opgedoen het, en sowat 812,000 mense het gesterf weens infeksie.

Verlede week is 1,7 miljoen nuwe infeksies wêreldwyd aan die WGO bekend gemaak, en in dieselfde week is 39,000 sterftes aangemeld.