WGO: Afrika verby Covid-hoogtepunt

Die Covid-10 korona virus pandemie het waarskynlik sy hoogtepunt in Afrika bereik, sê die woordvoerder van die Wêreld Gesondheid Organisasie in sy jongste verklaring.

Die opmerking is gemaak nadat gekyk is na die status van Suid-Afrika waar die nuwe infeksie gevalle skerp gedaal het met Woensdag se gevalle slegs op 1,567 wat die totale infeksies op net meer as 613,000 te staan bring.

SA se Minister van Gesondheid het bekend gemaak dat 149 sterftes vir die afgelope 24 uur tydperk aangemeld is, wat die vermoede laat bestaan dat die afname ook in die res van Afrika ondervind word.

Die minister, Zweli Mkhize, sê die totale sterftes in SA het net meer as 13,300 geword en die herstel koers van 84% wat sowat 520,300 gevalle beteken, is verblydende nuus.

Kenners waarsku dat die tweede pandemie steeds ʼn moontlikheid is, en gevolglik mag daar nie verslapping kom in die maatreëls wat in Vlak 2 neergelê is nie.

Die WGO het ook ʼn verklaring uitgereik en daarmee die Afrika kontinent vry van polio verklaar.