Werkers se internet frustrasie groei

Die korona virus pandemie het duisende mense die geleentheid gegee om hulle werk vanaf die woonhuis te doen, maar dit het ook bepaalde frustrasies meegebring.

Die werkers moes skielik hulle huis inrig sodat daar ook kantoorruimte is waar ʼn rekenaar en die nodige bykomstighede opgestel kon word.

Duisende mense het skielik n internet fasiliteit benodig en het gesoek na die goedkoopste pakket in die handel.

Noodwendig het dit gelei tot ʼn reuse aanvraag van bepaalde pakkette, waar die werkers voorheen die werkgewer se gerief van ʼn hoëspoed diens gebied het, is dit skielik vervang met n oorlaaide stelsel wat soms so stadig is dat die werk nie gedoen kom nie.

Baie werkers het derhalwe oë toegeknyp en die beste stelsel aangeskaf van optiese veselglas aansluiting wat aansienlik duurder is, maar wat met die besparing op brandstof aankope om werk toe te gaan, betaal word.

Kenners wys daarop dat verskillende opsies in die optiese veselglas stelsel beskikbaar is, maar die goedkoopste stelsel sal vir die grootste aantal; werkers voldoende wees.