VSA: Orkaan saai erge verwoesting

Veel meer as 800,000 mense in die twee Amerikaanse deelstate Texas en Louisiana sit sonder elektrisiteit en sal waarskynlik nog vir dae daarsonder moet klaarkom nadat die orkaan Laura die gebied getref het.

Swaar reën en wind wat teen n spoed van 240 kilometer per uur die gebied teister, het klein straatjies in gevaarlike riviere verander en duisende inwoners ontwrig wat nie gehoor gegee het aan die oproep om die gebied te ontruim nie.

Bome en geboue is beskadig en die stortreën het paaie onbegaanbaar gemaak terwyl die snelweg teen die kus  nie net beskadig is deur die see branders wat woes daaroor gespoel het nie, maar selfs klippe so groot soos tennisballe oor die pad gestrooi het.

Die weer sentrum sê dit is die ergste storm wat die twee state gehad het in die afgelope 150 jaar, en mense is gewaarsku om nie die waterstrome te trotseer nie.

Gelukkig het Orkaan Laura binne enkele ure na die verwoesting plaasgevind het, van ʼn kategorie 4 afgeplat tot ʼn kategorie 2 wat aan duisende mense ʼn sug van verligting gebring het.