VSA: Beslaglegging op Iran olie

Die Trump admimistrasie se opdrag om beheer te neem oor Iran se tenkskepe en die olie daarin te konfiskeer is n deurbraak wat Amerika gemaak het om die onwettige handel te blokkeer/

Die vier olietenkers was vol gelaai onderweg na Venezuela toe die Amerikaanse optrede gevolg het en die duisende tonne olie gekonfiskeer is.

Met die beslaglegging het die VSA groot druk op Iran gesit om nie sy olie te verkwansel nie, en daarmee waarskynlik ook n boodskap gesein na ander lande om nie met Iran sake te doen nie.

Iran en Venezuela het gepoog om die Amerikaanse sanksies te omseil, maar hulle het nou n duur les geleer volgens n woordvoerder in die VSA.

Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo, het daarop gewys dat Iran besig is met wapen vervaardiging en kan Europa een van die teikens word vir sy balistiese missile ontwikkeling.