Virus status toon verbeterings

Met die jongste aankondigings Maandag oor die stand met Covid-19 koronavirus wil dit lyk asof SA nou geleidelik na die draaipunt beweeg, maar kommer bestaan oor die toename in Natal en dele van die Oos-Kaap.

Gister is aangekondig dat 213 sterftes aangemeld is vir die 24 uur tydperk, wat die totale sterftes op

Bykans 3,3 miljoen toetse is gedoen, en 563,598 positiewe gevalle is aangemeld, terwyl 10,631 gesterf het weens infeksie.

Die verslag toon dat 417,200 mense wat infeksie opgedoen het, intussen daarvan herstel het, wat glo ’n 74% herstel faktor is as al die sterftes wel aangemeld is by die owerhede.

Die totale aantal nuwe gevalle vir die 24 uur tydperk het gedaal na 3740 gevalle, wat ’n moontlike aanduiding kan wees dat die draaipunt genader word.