Virus: Ramaphosa praat eers Saterdag

Die moontlike verslapping in maatreëls wat kan lei tot afskaling na Fase 2 word die week deur die betrokke owerheid bespreek en is die verwagting dat die ANC se president nie later as Saterdag sy aankondigings sal maak nie.

Waarnemers wys daarop dat die moontlikheid bestaan dat Natal, Sentraal Transvaal (Gaureng), Oos-Kaap en Wes-Kaap se toegewings minder sal wees as die van ander provinsies.

Die vinnige verspreiding van die koronavirus infeksies in Natal kan van die provinsie die hoof brandpunt maak met die grootste aantal infeksies as dit voortduur soos die afgelope paar dae.

Of die regeing bereid sal wees om die alkohol en sigaret verbod op te hef, word glo betwyfel, maar dit sal ook afhang wat in die hofsake na vore kom.

Of Suid-Afrika veel langer kan bekostig om streng maatreëls in stand te hou, word bevraagteken weens die ekonomiese toestand waarin die land hom bevind, en die swaar resessie wat bydrae tot ’n algehele insinking, is nie net kommerwekkend nie, maar ook ’n faktor waarmee rekening gehou word vir die terugbetaling van die enorme skuldlas.