Verdeelde ANC wil Ramaphosa dalk kelder

Ace Magashule

Die klokke kan begin beier vir die ANC se president as die planne uitwerk soos wat beplan word deur die Zuma-ondersteuners.

Die ANC se komitee vergadering kan ʼn wending neem wat die twee kampe binne die party nie net verder verdeeld maak nie, maar kan ook die eerste stap word om van president Ramaphosa ontslae te raak.

Die invloed van Ace Magashule en sy mede-Zuma aanhangers wat sê dat die president eintlik nie voldoende steun het nie en by sy verkiesing stemme gekoop het, maak van hom nie die werklike leier nie.

Daar is bewerings dat Ramaphosa by die Nasrec  byeenkoms stemme gekoop het, en wat nie nou weer hulle steun aan hom gaan toevertrou soos voorheen nie.

Dit blyk egter dat die Ace-Zuma faksie ook dieselfde strategie kon gevolg het, wat die uitkoms van n nuwe stemming baie vloeibaar maak.

Die anti-korrupsie etiket wat tans om Ramaphosa se skouers hang, is egter n gevaarlike ketting wat die president moet vermy, sê die politieke ontleders, aangesien hy self ook beskuldig kan word van korrupsie as hulle verwys na die R500,000 wat deur Bosasa op sy bankrekening inbetaal is.

Die vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee vind die naweek plaas, en meningsvormers reken die hare gaan waai terwyl die Magashule invloed nie onderskat moet word nie.