Uitermatige rare fonds ontdek

’n Amateur skattejagter het ’n skat ontdek wat dateer uit die Brons Tydperk en is vermoedelik afkomstig uit ’n tyd, sowat 1,000 jaar Voor Christus.

Die skat wat uit verskeie stukke bestaan is in Skotland gevind en die goeie toestand daarvan na so baie eeue word as merkwaardig beskou deur navorsers.

Dit is glo een van ’n klein aantal historiese skatte wat na so ’n lang tyd ondergronds was, wat in so ’n goeie toestand is.

Mariusz Stepien het die ontdekking gedoen en die skat na die Skat Eenheid geneem om te bepaal wat dit is en waar dit vandaan kom.

Die navorsers het bykans ’n maand lank gesoek om die korrekte inligting in te win oor die seldsame ontdekking.

Later is die uitgrawings verder gevoer en is ’n swaard ook gevind wat nagenoeg 1,000 VC in gebruik was.

’n Voorwerp soos ’n byl en ’n aantal gespes asook metaal ringe wat by perde of trekdiere gebruik is, maak deel uit van die goedere, maar die leer en hout voorwerpe wat daarmee saamgaan, is deur die eeue verweer en kon slegs die spore daarvan gevind word.