Tunisië kry tweede regering vanjaar

 Hichem Mechichi

Die Eerste Minister van Tunisie, Hichem Mechichi, het sy kabinet aangekondig en gesê die nuwe regering sal fokus op die herstel van ʼn sukkelende ekonomie.

Die regerende koalisie vennoot is egter klaar ongelukkig omdat die wen party alles probeer beheer, wat politieke ontleders laat glo die nuwe regering kan ook gou tot ʼn val kom.

Dit is die tweede regering wat saamgestel word in die afgelope ses maande, en sy belangrikste taak is om eerstens die vertroue van kiesers te wen, en om daadwerklike pogings aan te wend om die wankelende ekonomie te herstel.

Die 46-jarige premier het egter n vreemde wyse van optrede gehad om n koalisie vennoot te kry, en is gesteld op sy Islamitiese regering wat nie deur ander vennote oorheers mag word nie.

Hy het verskeie partye wat bereid is tot ʼn koalisie, geïgnoreer en daarmee sy smal beweegruimte verder vernou, sê die ander partye wat tot samewerking bereid was.

President Kais Saied het etlike maande tevore n nuwe regering aanvaar, en het nou weer die nuwe regering aanvaar wat met behulp van ʼn koalisie vennoot, die land regeer.