Tswane het duisend spook werkers

Dit is geen wonder die metro van groter Pretoria (Tswane) voer n finansiële stryd om staande te bly nie, want hy het reeds duisende spook werkers geïdentifiseer.

Die stad se owerheid het bevestig dat hulle reeds 1,400 spook werkers geïdentifiseer het, wat beteken dat miljoene Rand maandeliks uitbetaal is aan skurke wat daarmee weggekom het.

Die stad se owerheid het derhalwe besluit om die 7,000 werkers in sy diens se salarisse terug te hou tot elke werker homself kan verklaar met die nodige bewyse soos n ID dokument of selfs n voertuig bestuurslisensie.

Vakbonde het ernstige beswaar aangeteken en sê die munisipaliteit is onredelik om werkers slegs vyf dae kans te gun om uitklaring te doen aangesien daar duisende werkers is wat nou inderhaas bewyse moet vind.

Die munisipaliteit reken hy kan die geld wat aan spook werkers betaal is, weer verhaal van diegene wat dit in ontvangs geneem het.