TLU SA hou digitale kongres

TLU SA bied op 9 September die heel eerste digitale kongres in die organisasie se bestaan aan en die tema is heel gepas: ‘n Nuwe Aanslag.
Selfs voordat COVID-19 die wêreld gedwing het om tegnologie meer en op nuwe maniere in te span, het die landboubedryf reeds hierdie roetes begin ondersoek. Dit is belangrik dat die bedryf saam besin oor ‘n nuwe benadering, ‘n nuwe manier van dink en ‘n nuwe manier van boerdery om die uitdagings van die toekoms aan te pak.  
Die kongres vind vanjaar plaas deur middel van die Zoom-platform, waar kongresgangers kan inskakel.
Tydens die geleentheid sal die nuwe president en adjunk-president verkies word. Na ‘n dienstyd van ‘n dekade het die huidige president mnr. Louis Meintjes aangedui dat hy nie weer vanjaar verkiesbaar is nie.
Prof Andrè Duvenhage, die Navorsingsdirekteur van Sosiale Transformasie by die Noordwes Universiteit sal die Kongres toespreek oor die tendense en uitdagings in die landbousektor gegewe die situasie in Suid-Afrika.
Die onderskeie wenners in die jaarlikse TLU SA-kompetisies sal ook tydens die geleentheid aangekondig word.
Anders as in die verlede sal die TLU SA Kongres in 2020 slegs een oggend duur. Dit begin om 8:45 en gaste, borge en besoekers kan die platform om 11:25 verlaat, waarna verskeie administratiewe sake deur lede hanteer sal word. 
Dit is baie belangrik dat die media ook vir die Kongres registreer, voor 4 September 2020. Die program aangevra word.