Suid-Korea se dokters staak in krisis

Terwyl Suid-Korea waarneem hoe n tweede pandemie besig is om die land te teister, het die dokters besluit om te staak in verset teen die owerheid.

Die Gesondheid owerhede het die dokters beveel om terug te keer na hulle werk in ʼn krisis tyd waar die land moontlik n tweede pandemie gaan beleef.

Die Minister van Gesondheid, Park Neung-hoo, het gewaarsku dat doktors wat voortgaan met die staking, tronkstraf kan kry vir hul optrede indien hulle nie sou terugkeer nie.

Suid-Korea sukkel tans met n tweede uitbreking van Covid-19 infeksies, en in die afgelope 24 uur is sowat 320 nuwe infeksie gevalle aangemeld.

Die dokters se belangrikste klagte is dat die regering beplan om die aantal; studente wat toegelaat word om n mediese kursus op universiteit te volg aansienlik te vermeerder.

Die dokters sê die beroep is reeds sterk kompeterend, en die geld wat nou aan vermeerdering van mediese studente gebruik gaan word, behoort eerder aangewend te word om die dokters sê salarisse te verbeter.