Suid-Afrikaners staan saam teen plaasaanvalle

Die verdagtes in ‘n plaasaanval waarin twee bejaarde TLU SA-lede op hulle plaas in Dendron, Limpopo aangeval en gewelddadig aangerand is, verskyn more-oggend (7 Augustus 2020) vir die eerste keer in die hof, op Soekmekaar (Morebeng).
Die Limpopo Landelike Veiligheid Forum het meer as 1 500 mense uit Polokwane, Louis Trichardt, Hoedspruit en Tzaneen gemobiliseer om op Soekmekaar toe te sak ter ondersteuning van die slagoffers.
Drie verdagtes het die bejaardes die afgelope Dinsdag aangeval en daarna gevlug. Die polisie het twee verdagtes in hegtenis geneem en nog ‘n aanvaller is in ‘n skietgeveg doodgeskiet.
“Dit is duidelik dat Suid-Afrikaners keelvol is vir plaasaanvalle,” sê mnr. Drickus Botha, die streeksbestuurder van TLU SA Noord. “Ons sal as ‘n gemeenskap saamstaan en ondersteun daar waar die regering nie die wil het om dit te doen nie.”