Soedan: VSA diplomaat se voorstel verwerp

Abdalla Hamdok

Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Mikke Pom,peo, kon nie n suksesvolle ooreenkoms bereik met die Eerste Minister van die Soedannese oorgangsregering nie.

Pompeo het na sy besoek aan Israel, vertrek na die Soedan met die verwagting om die premier te oortuig om normale betrekkinge met Israel te aanvaar en sodoende die wêreldvrede bevorder.

Die Soedannese Eerste Minister, Abdalla Hamdok, het egter gese hy beskik nie oor die mag om die besluit te neem nie venwee die feit dat hy dien in ʼn oorgangsregering wat nie die gesag het om so n besluit te neem nie.

Minister Pompeo het in die ontmoeting met die premier, ook kennis gemaak met die res van Soedan se afgevaardigdes waar Generaal Abdel Fattah al-Burhan, ook teenwoordig was.