Sjina beskuldig VSA van lugruim skending

Die Sjinese Staats media berig dat amptelike beswaar aangeteken is by die VSA na aanleiding van die spioenasie vliegtuig se vlug in die noorde van Sjina.

Die Amerikaanse militêre afdeling het die Sjinese beskuldigings verwerp en ontken dat enige iets verkeerd gedoen is.

Sjina beweer dat ʼn Amerikaanse spioenasie vliegtuig ʼn geen-toegang sone vir vliegtuie binne gegaan het terwyl dit slegs vir Sjinese vliegtuie gereserveer is.

Sjina bestempel die voorval as ʼn insident van provokasie wat ʼn teken is van toenemende spanning wat veroorsaak word tussen die twee moondhede.

Die Amerikaanse U-2 vliegtuig se vlug in ʼn gereserveerde gebied in die noorde van Sjina word beskou as ʼn bedreiging vir die veiligheid van Sjinese gebied

Die VSA het in reaksie gesê die U-2 vliegtuig het streng volgens die internasionale vereistes opgetree en geen internasionale wet oortree nie.