SAPD herstig Moord en Roof

Die ANC regime behoort talle strukture wat deur die Apartheidsjare as werkbaar bewys is, weer in te stel om die land leefbaar te maak.

Dit is die mening van ʼn politieke ontleder in Pretoria na aanleiding van die ANC regering se bollemakiesie slanery met die doeltreffende werk wat die polisie behoort te doen.

Die aankondiging dat die SAPD nou weer die ou beproefde metode terugbring met die Moord en Roof afdeling, is wyd verwelkom, en word gevra dat die polisie die kundiges in die Moord en Roof afdeling moet aanstel.

Bykans twee dekades gelede het die regime die Moord en Roof afdeling beëindig en gedink die polisie by elke polisiestasie sal die belangrike funksie oorneem. Dit het klaaglik misluk, en iemand het nou wakker geskrik en die Moord en Roof afdeling sal waarskynlik binnekort die belangrike taak oorneem.

Suid-Afrika is tans die wêreld se moord-paradys, waar 58 moorde elke dag gepleeg word, en waar honderde rooftogte weekliks uitgevoer word, en in beide gevalle word daar selde iemand vasgetrek.