SA Virus status versleg

Suid-Afrika se rekords toon dat daar Maandag 516,862 gevalle van Covid-19 infeksies aangemeld is sedert die eerste geval bekend gemaak is in Maart vanjaar.

’n Totaal van 8,539 sterftes het in die tyd voorgekom, en die Minister van Gesondheid het gesê in die 24 uur tydperk is 5,377 nuwe gevalle aangemeld.

Hy sê meer as 3 miljoen mense is getoets sedert Maart en die aktiewe gevalle staan op 150,286 wat glo ’n aanduiding is dat 68% herstel het van die infeksie.

Wêreldwyd het 18,5 miljoen mense infeksie opgedoen, waarvan meer as 11 miljoen herstel het, maar bykans 698,000 het gesterf.