SA Covid sterftes verkeerd aangegee

’n Groeiende aantal wetenskaplikes en gesondheid personeel maak aanspraak daarop dat die sterftes weens die nuwe koronavirus veel hoer is as wat deur die owerheid vrygestel word.

Die bewerings word gemaak dat sterftes tot 50% meer kan wees as wat in die statistiek vervat is, wat daarop neerkom dat die 68% herstel syfer geheel en al verkeerd aangedui word.

Die vermoede bestaan dat honderde sterftes nie aangemeld word nie, en dat dit tot verdere korrupsie lei want menige van die oorledenes is waarskynlik pensioentrekkers wie se SASSA kaart nou aangewend word om pensioenbydraes te ontvang.

Indien die vermoede korrek is, beteken dit dat sowat 15,000 tot 18,000 mense reeds weens infeksie gesterf het.