SA Brouery stop miljarde se uitbreiding

Die Suid-Afrikaanse Brouery (SAB) gaan nie meer voort met sy beplande belegging van R2,5 miljard aan jaarlikse kapitaal en infrastruktuur opgradering nie.

Die Brouery beweer dat die besluit die gevolge is van die Covid-19 verbanning van alkohol verkope wat reeds die afgelope 12 weke die bedryf ontwrig het.

SAB sê die verbanning op verkope het die maatskappy se jaarlikse produksie met sowat 30% laat daal, wat die indruk laat dat die verlies aan inkomste eiesoortig kan wees, is die mening van deskundiges in die sakewêreld.

Andrew Murray, hoof van die maatskappy se finansies wys daarop dat die grendel maatreël teen alkohol wat eers ’n verbanning was, toe oopgestel is, en weer verban is, het ’n enorme onsekerheid gebring wat die maatskappy genoodsaak het om die projek eerder te staak.

Die aanvanklike beplanning was om R5 miljard te investeer, maar moes later die besluit heroorweeg en is gekyk na die R2,5 miljard ontwikkeling, wat nou finaal afgestel word.

Die besluite van die regering het veroorsaak dat meer as R12 miljard aan belasting inkomste reeds vir die staat verlore is, iets wat allermins bekostig kan word.