SA betrokke by virus entstof toetse

Suid-Afrika mag moontlik n ooreenkoms onderteken om te help met die produksie van Covid-19 entstof wat ook bepaalde voordele sal inhou van die lans en sy mense.

Die “Coalition for Epidemic Preparedness Innovations” wat n wereldwye organisasie is, en finansiering doen in entstof ontwikkeling, is glo tans besig om oorweging te gee aan die moontlikheid om die Kaapstadse Biovac Instituut aan te wys.

Die maatskappy is een van n paar instansies in die land wat oor die vermoë beskik om die vereistes na te kom wat gestel word in die vervaardiging van die betrokke korona virus entstof.

Suid-Afrika is die enigste land op die Afrika kontinent wat verskeie kliniese studies huisves, en het reeds 2,000 mense in die AstraZene en die Oxford Universiteit se entstof getoets.

Die entstof vervaardiger Johnson en Johnson se toetse sal ook in SA gedoen word en sowat 12,000 vrywilligers sal gevind moet word om seker te maak dat die entstof veilig en doeltreffend is.