Ruimtevaarders terug om bodem

Die twee ruimtevaarders, Bob Behnken en Doug Hurley, het Sondag veilig in die Golf van Meksiko geland na hulle ruimtereis na die Ruimtestasie wat wentel om die aarde.

Dit is die eerste “see landing” in 45 jaar die Golf gebied, en Nasa se moniteringstelsel het die weerstoestande goed dopgehou om te verseker dat die mans veilig terugkeer na die aarde.

Vrees het bestaan dat die verwoestende sikloon, Isaias, die landing kon verhinder, maar die twee het hoogstens seesiek geword van die landing en vervoer na die vasteland.

Dit is die eerste keer dat Amerikaanse ruimtevaarders kon reis na die Internasionale Ruimtestasie (ISS) waar die VSA sy eie ruimtevaartuig kon skeduleer om terug te keer na die aarde waarby SpaceX ook betrokke is.

Die twee ruimtevaarders het op 30 Mei vertrek na die Ruimtestasie en het belangrike opnames en waarnemings kon doen in die twee maande.