Regering wag vir kans met pensioene

Die ekonomiese krisis van Suid-Afrika het die ANC regering na strooihalms laat gryp, maar in die proses dalk ’n boomwortel as vashouplek gehry.

Die moontlikheid om van die pensioene aan te wend om uit die ellende van ’n skuldlas te kom, het nou duisende mense laat regop sit en twyfel oor hoe dit die toekoms gaan raak as aftrede ter sprake kom.

Suid-Afrika beskik nie oor die kragtige ekonome om so ’n gevaarlike stap te waag en duisende werkers se pensioengeld op risiko te plaas wat ’n massiewe armoede kan veroorsaak as die skip gesink het wat die vrag moes dra.

Kenners wys daarop dat ’n nuwe wet ter tafel geneem is wat ’n verskuilde klousule bevat wat die regering in staat stel om sy hand op die pensioengeld te lê.

Diegene wat met pensioen aan die lewe moet bly, en waarvan die geld nie in die buiteland is nie, se risiko word hierdeur tot die uiterste beproef, word gesê.

Ekonome waarsku dat alle moontlike versekerings wat die ANC regering mag bied oor die veiligheid van hulle hardverdiende geld, geen waarde het nie in die lig van die onbetroubare rekord wat oor die afgelope 20 jaar opgebou is.