Premier Abe van Japan bedank

Gesondheidsredes het die Eerste Minister, Shinzo Abe laat besluit om uit sy amp as premier te bedank weens sy moeilike omstandighede met n chroniese toestand.

Premier Abe sukkel reeds vir jare met die siekte toestand, en het met die jongste voorval waar hy weer in die hospitaal opgeneem moes word, besluit om as premier uit te tree.

Die nasionale uitsaaier het in n berig laat deurskemer dat die premier besluit het om uit te tree sodat sy gesondheid nie die oorsaak sal wees wat ontwrigting kan meebring nie.

Premier Abe is n nasionalistiesgesinde parlementariër wat die belange van Japan en die inwoners vir baie jare gedien het en een van weinige Eerste Ministers van Japan is wat met die verkiesing in die tweede termyn, sterker steun gekry het as in die eerste verkiesing as premier.

Abe het ʼn rekord opgestel as die premier wat die meeste jare as Eerste Minister sy land regeer het, en daarmee die vorige rekord van sy bloedverwant oortref.

Teen laat Vrydagmiddag is berig ontvang dat die premier sy bedanking ingegee het, wat beteken dat ʼn nuwe Eerste Minister aangewys sal word.