PnP, Checkers/Shoprite en die Afrikaner

Met die groot bohaai rondom Black Live Matter (BLM) en Vroue en kinders geweld het Die Vryburger ‘n skrywe aan die Hoof van die SPAR groep   gerig.

Mnr O’Connor het in reaksie op die brief sy groep en die groep se winkels se ondersteuning beloof aan slagoffers van plaas aanvalle en plaas moorde.  Groot waardering is  uitgespreek teenoor die  mnr. O’Connor vir sy standpunt en ondersteuning.

Intussen is soortgelyke skrywes gerig aan die Hoof Uitvoerende beamptes  van die Pick n Pay groep en die Shoprite/Checkers groep op 7 Augustus 2020. Daar het dus al twee weke verloop en geen erkenning van ontvangs of enige reaksie op die skrywes is van die twee grootbase van die kettingwinkels ontvang nie.

Kan die afleiding dus gemaak word dat P&P en Shoprite/Checkers se bestuur afsydig  en gevoelloos staan teenoor slagoffers en gesinne van plaasgeweld?  Hoe regverdig die groepe dit dat hul daagliks vars groente, vrugte en vleis ontvang van die Boer op die grond maar skaam is om die Boere gemeenskap by te staan in tye van geweld en moord?

Dalk moet ons lesers hul plaaslike tak van die groepe nader en vra wat hul en hul base se standpunt is rondom plaas aanvalle en plaas moorde.  As daar ‘n afsydigheid is van diegene se kant dan moet ons mense ook afsydig staan teenoor die groepe.  Dan moet ons ons aankope maar skuif na SPAR en selfs kleiner winkels wat ons saak oop op die hart dra.