Pakistan: Grootste vloed in 100 jaar

Pakistan se grootste stad het vloed reëns wat selfs die 1931 vloede oortref, en tot hede is minstens 41 mense dood terwyl honderde gesoek word.

Die verwagting is dat meer mense omgekom het, maar dit sal eers vasgestel kan word as die geweldige strome water afgeloop het en die soektog voortgesit kan word.

Die stad Karachi is die swaarste getref met aanhoudende stort reën wat beskou word as die ergste in die afgelope eeu, en duisende mense is sonder huisvesting, terwyl baie sonder elektrisiteit en kraanwater is weens die vloede wat enorme skade aangerig het.

Die Nasionale Rampbestuur is bevrees dat duisende mense vasgekeer sit op plekke waar hulle nie bereik kan word nie.

Behalwe die weermag wat hulp verleen, het die nasionale nooddienste met bote begin rondgaan om reddingswerk te doen en hulp te verleen aan mense wat alles verloor het weens die vloedskade.

Die weerburo berig dat die geteisterde gebied reeds meer as 500 mm reën gehad het, en vrees bestaan dat nog reën oor die gebied kan uitsak.