Orkaan Laura naby VSA Golf

Die Orkaan Laura is in aantog om vernietigende werk te doen waneer dit die kusgebied van die Amerikaanse Golf bereik met n windspoed van meer as 180 kilometer per uur.

Van die weervoorspellers sê die orkaan kan selfs groter gebiede bereik, maar Texas en Louisiana is in die middelpunt en inwoners is versoek om die gebied te verlaat.

Honderde duisende mense het reeds met voertuie wegbeweeg na gebiede buite die omgewing wat deur die orkaan getref sal word.

Na verwagting sou die stormweer die land bereik teen gisteraand of vroeg Donderdagoggend, en die Nasionale Orkaan Sentrum het ernstige waarskuwings gerig dat mense nie moet probeer om te bly in hulle woonplekke nie, maar moet uitwyk na veiligheid.

Die weerburo verwag dat Laura gepaardgaan met geweldige sterk winde, gietende reën wat onophoudelik sal neerstort en sterk waterstrome veroorsaak wat gevaarlik sal wees.

Mense is gewaarsku dat die erge storm lewensgevaarlik is en dat niemand moet probeer om dit te trotseer wanneer dit oor die suidwestelike deel van Louisiana en die suidoostelike deel van Texas bereik nie.