Onmin in ANC kamp?

Daar is die afgelope tyd verskeie berigte , waar of vals, van onmin binne die geledere van die ANC.  Vergaderings van die top struktuur toon dat daar groot verskille binne die party is. Die Ramaphosa en Zuma faksie is nie op dieselfde golf lengte nie.  Kritiek van binne en buite rondom die matelose bedrog, selfs tydens die pandemie, maak dat daar krake kom in die party.  Die drie-party alliansie is ook kort-kort aan mekaar aangesien die vakverbonde dikwels ‘n stokkie in die speke steek rondom sake wat hul lede raak.

Nou is daar “sprake” van ‘n groep binne die party wat beplan om weg te breek.  Die groep wil dan volgens bronne ook ‘n drie-party alliansie sluit.  Dit laat mens dink aan die Drie-Kamer parlement van die Nasionale Party wat uiteindelik uitgeloop het op die bloedlose oorgawe van die land aan die ANC.  Die twee partye wat glo genader is is vanuit Afrikaner geledere en vorm twee “groepe” wat op sosiale media die voortbestaan en beveiliging van die “Afrikaner Boervolk” voorstaan.  Weens die sensitiewe aard van die inligting sal daar nie ingegaan word op wie die groeperinge is nie.  Die Vraag ontstaan egter wat enige Afrikaner groepering daarby kan baat om met die vyand ‘n alliansie aan te gaan.  Piet Retief het op die harde manier  Afrika realiteit beleef.  Tyd sal leer of hierdie fopnuus is en of die Joiner bloed maar weereens na vore sal kom.

Paul de Wet