OB gaan agt weke van stryd binne

Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, gaan in die volgende twee maande letterlik die land se howe deurkruis om haar omstrede uitsprake en bevindinge te verdedig.

Ingeligte bronne reken die OB sal ’n sterk standpunt moet handhaaf in elke hofgeding wat nou op haar wag as sy haar kantoor nie wil verlaat nie.

In die afgelope jaar het Busisiwe Mkhwebane verskeie hofsake verloor weens haar politieke benadering as kampvegter vir Jacob Zuma.

Die latere ondersteuning wat sy ontvang het van die Rooi Brigade van Malema, het niks in haar guns laat swaai nie, en kon sy ook nie daarin slaag om bewerings in die verband met bewyse verwerp kry nie.

Enige van die vier groot sake wat die OB moet trotseer en nie wen nie, kan haar toekoms as Openbare Beskermer beëindig, word gesê.