Nigeriër kry doodstraf weens laster

’n Nigeriese hof het ’n sanger die doodstraf opgelê weens laster, en alhoewel die 22-jarige man mag appelleer, wil dit lyk of sy kanse skraal is om te bly leef.

Die hof het Maandag beslis dat die musikant, Yahaya Aminu Sharif, gebruik maak van neerhalende uitdrukkings teen die profeet  Mohammed in een van sangstukke.

Die hofbevel lui ondermeer dat Yahaya Aminu Sharif die doodstraf opgelê word en dat hy gehang moet word.

Die saber het glo die woorde van sy lied op die selfoon applikasie versprei en daarmee ’n herrie laat losbars en sommige mense het so woedend geword dat hulle gedreig het om sy huis en sy gesin aan die brand te steek.