Navalny toon tekens van beterskap

Charite Hospitaal

Geneeshere in Berlyn, Duitsland het die eerste teken van beterskap waargeneem by die Russiese opposisieleier wat vermoedelik in Rusland vergiftig is en na Duitsland gebring is vir behandeling.

Die hospitaal waar Alexei Navalny behandel word teen moontlike vergiftiging, het die naweek gesê die pasiënt is steeds in n koma maar daar is eerste tekens dat hy beter word want sy algemene toestand het aansienlik verbeter.

Die Charite universiteits hospitaal het bevestig dat beterskap waarneembaar is, en die pasiënt se lewe is nie in gevaar nie.

ʼn Woordvoerder van die hospitaal het beklemtoon dat die erns van die pasiënt se toestand sodanig is dat dit nie moontlik is om nou reeds te bepaal of daar potensiële langtermyn effekte  sal wees nie.

Navalny is een van president Vladimir Poetin se sterkste opponente, en sy vergiftiging het soos n veldbrand deur die Westerse wêreld versprei, maar dit was Duitsland wat vinnig genoeg opgetree het deur die man te gaan haal en in die sorg van die beste hospitaal in Europa te plaas.