Nasionale Lotery ook in korrupsie?

’n Vryskut joernalis wat ’n nuusagentskap het, is die snuffelaar wat begin het om vas te stel hoe die geld verdeel word wat deur die SA Nasionale Lotery aan instansies beskikbaar gestel moet word.

Na bewering het die vryskut joernalis vasgestel dat honderde miljoene Rand van die Nasionale Lotery Kommissie se geld wat toegeken moet word, in die verkeerde beursies beland.

Die geld wat aan sekere organisasies toegeken moet word uit die lotery fondse, waarvan sommige nog onder “konstruksie” is, kry bykomende fondse sedert 2018, en nou weier die Lotery om sy lys name aan wie toedelings gemaak is, vry te stel.

Die Nasionale Lotery voer aan dat die Lotery wet hulle verbied om die name op die lys van ontvangers te publiseer.

Die ondersoek instansie beweer dat ’n arena by die Stormsrivier gebou is deur die Nunnovation Africa Foundation ’n subsidie of toedeling van net minder as R24 miljoen ontvang het, en die konstruksie is glo nog nie voltooi nie.

Die lotery het in reaksie op die bewerings gesê hulle is besig om die saak na te gaan, en kan dus nie op hierdie stadium enige kommentaar lewer nie.