Nasa soek na vorige lewe op Mars

NASA se volgende generasie ondersoeker, ’n ultra moderne en hoogs gesofistikeerde ruimte-voertuig is gelanseer om die soektog na vroeëre lewe op Mars te doen.

Perseverance sal op mars land en in ’n rivierbedding van baie eeue gelede sy uitgrawings doen om meer lig te werp op die vroeëre omstandighede van die planeet waar gevriesde water wel ondergronds gevind is.

Die lansering is vanaf die ruimtevaart basis Cape Canaveral in Florida gedoen om die navorsing op die Rooi Planeet voort te sit.

Die $2,5 miljard ruimtevaartuig is met die lansering van die Atlas V vuurpyl verlede week suksesvol die wye ruimtes ingestuur en is toegerus met ’n reeks toerusting om die ambisieuse sending suksesvol deur te voer.

’n Klein helikopter is ook by die ruimtevaarder om behulpsaam te wees met tegnologies gevorderde take.